Ekerk Audio Podcast
Die eKerk Audio Podcast hou jou op hoogte met die nuutste eKerk nuus, opbouende teachings en insiggewende geselsprogramme. Skryf in en geniet elke episode saam met die eKerk! Vir meer inligting of terugvoer, gaan na www.ekerk.co.za. Jy kan ook hierdie episodes direk aflaai by http://ekerk.mypodcast.com.
Thursday, Jan 10, 2008
Ep34 :: Leersaam :: Journey met Jesus [Stephan Joubert]
(339 downloads)Download this episode (22 min)
Hierdie preek is opgeneem tydens 'n diens by Mosaiek Gemeente in Randburg, Suid-Afrika. Luister hoe Stephan met ons gesels oor die geestelike reis wat ons saam met Jesus aanpak.
Tydsduur: 22:29
3 Comments:
My Profile
eKerk
Pretoria, Gauteng
View my complete profile





Hallo daar
Weet julle ek dink nogal die Podcasts is stunning en great.
Daar is twee dinge wat nogal pla.
1. Julle mikrofone vang nie altyd almal se stemme so lekker op nie. Partykeer klink dit of een persoon verder weg van 'n mikrofoon is as die ander.
Dieselfde met die kerk opnames ook. Die spreker se stem is soms so dof en onduidelik.
2. Die tweede ding wat ek nogal irriterend vind as jy 'n paar episodes luister na mekaar is die klingel aan die begin en soms einde van elke podcast.
Die vroue stem wat elke keer dieselfde ding sĂȘ op elke liewe opname kan nogal te veel raak.
Dieselfde met die advertensie van podcast met die Amerikaanse stem. Is daar nie 'n manier hoe julle dit dalk kan skuif na die web blad self toe nie. As jy byvoorbeeld e-kerk se podcast blad gaan oopmaak dan speel al hierdie klingels en advertensies eenkeer en dis dit nie?
Vra maar net.
Maar verder is dit great en bou so voort!
Dankie vir jou terugvoer! Ons waardeer dit!
Oor jou twee punte, beide is geldig, en ek wens ons kon dit sommer met 'n klap van die vingers regmaak!
Ons mikrofoon is nie professionele studio kwaliteit nie, maar hy doen sy werk heel goed. Sal graag wil opgradeer na beter toerusting sodra ons finansies dit toelaat... Oor die preke, ons is uitgelewer aan die klank kwaliteit van die betrokke gemeentes waar Stephan optree, se opnames!
Die ekerk jingle sorg dat mense nie ons webadres vergeet nie - en onthou asseblief dat mense elke week nog vir die eerste keer na die ekerk podcast luister. Die Engelse een aan die einde verseker dat ons jou nie geld hoef te vra om die podcast te download nie.
Goeie trade-off, don't you think!
In elk geval, ek waardeer jou insette baie, en weet dat ons aan hierdie kant swoeg om ons aanlyn bediening nog net meer en meer effektief te maak!
Dankie!
Hallo julle,
Ek ontvang weekliks e-kerk emails, maar vandag vir die eerste keer podcasts geluister.
Baie dankie, ek het na 2 preke geluister (Ep 33 en 34).
Ons bly in Frankryk en julle het nie 'n benul wat hierdie preke vir ons beteken nie.
Mag die Here Sy wonderlike bediening ryklik seen.
Groete
Lydia